DIRK VD WESTHUIZEN STEL NUWE ENKELSNIT “TITANIC” BEKEND!

Dirk van der Westhuizen is bekend vir sy hoë-energie treffers en vertonings wat altyd tjokkenblok vol van aanhangers is. Nou is Dirk terug met ‘n nuwe enkelsnit “Titanic” en sy aanhangers gaan baie hiervan hou.
 
Dirk vertel: ”Ek lewe vir liefde en om iemand spesiaal te laat voel. Ek hoop die song sal met mense praat wie se harte ook klop vir liefde”.
 
Johan Oberholzer het die idee van die liedjie aan Dirk voorgestel en hy het nie twee keer gedink om ja te sê nie en verder help skryf.
 
Dit is ook die eerste keer wat daar baie live kitare in ‘n Dirk-liedjie is. Maar moet nie bekommer nie – die liedjie gaan nogsteeds seker maak dat jy nie die dansvloer kan vermy nie.
 
“Ek wil mense aanmoedig om nie tyd te mors in die lewe nie. Mense moet ander ‘n kans gee wat omgee vir jou en moeite doen om liefde te wys”, vertel Dirk.
 
Al sinspeel hierdie liedjie op die romanse van die film “Titanic”, gaan jy beslis bietjie toonstoot op die dansvloer. Wie weet, dalk is dit die persoon vir wie jy die kans kan gee op liefde!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter