KYK! BRENDAN PEYPER IS TERUG.

Nadat Brendan Peyper sy Instagram heeltemal skoon gemaak het en ‘n blaaskans van sosiale media gevat het, is hy terug met ‘n nuwe kyk in sy oë.
 
Brendan het die tyd geneem om ‘n nuwe liedjie “KYK” te skryf. Dinge raak vinnig romanties in die liedjie en ja, daar is iets om na te kyk ook, want die liedjie se musiekvideo word op dieselfde dag vrygestel. Jy kan uitsien om na ‘n eerlike en rou Brendan Peyper te kyk in die video.
 
Kyk, Brendan se musiek het oor die afgelope dekade baie gegroei en dis duidelik dat hy nog lank nie klaar is nie. “KYK” bring vars klanke en diep lirieke wat ons kans gee om Brendan nog beter te leer ken.
Murray Lubbe, die naam agter talle van Brendan se Nommer 1 treffers, het hierdie liedjie vervaardig.
 
Kyk uit vir die nuwe enkelsnit en video van “KYK” wat nou beskikbaar is. 

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter