DIT IS MAL MET JACQUES DU PLESSIS

Jacques du Plessis het homself gevestig as sanger en liedjieskrywer met sy debuut-enkelsnit “My Fok” waarmee hy vir sy gehoor die regte medisyne gegee het vir ‘n breakup. “My Fok” was goed ontvang deur sy aanhangers by lewendige optredes, op sosiale media en op alle digitale platforms wat die enkelsnit ‘n groot treffer gemaak het in 2020. 

Jacques het die verhoog al gedeel en saam met groot name in die bedryf opgetree vanaf 2005 soos Elizma Theron, Bobby van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld en Christia Visser. Hy was ook deel van die groep “Die Grafsteensangers”.

Nou is Jacques terug met ‘n nuwe treffer-enkelsnit “Dit Is Mal”. Weereens het hy ‘n diep, eerlike liedjie met sterk lirieke en trefkrag-melodie geskryf wat sy aanhangers sal laat reggop sit. Met sy unieke stem sal hierdie treffer vas sit in jou kop. 

JacquesPC

DIT IS MAL

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter