DIT IS NIE 'N JOKE NIE – TUIMELTREIN STEL NUWE MUSIEK VRY!

Tuimeltrein (Christian Venter en Marice de Jager) het hul musiekloopbaan afgeskop met hulle eerste enkelsnit “Grondboontjiebotter” en staan nou reg met nóg ‘n nuwe enkelsnit, “Dis ‘n Joke” wat nou beskikbaar is. 
 
Christian en Marice het hierdie liedjie self geskryf en op TikTok geplaas, waar aanhangers duidelik belangstelling gewys het en hulle keer op keer gevra om dit op te neem en vry te stel. Tertius Human het dié liedjie vervaardig en die Tuimeltrein-aanhangers gaan dit love.
 
“Dis ‘n joke” kry ook ‘n musiekvideo wat afspeel in ‘n klaskamer tussen twee pelle wat die pros en cons teen mekaar uitskree, want volgens hulle is “liefde eintlik ‘n joke”.
 
“Jy sê jys lief vir my, maar jy ken my nie, enige iets vir my, maar jou tyd is te duur, jy is die een vir my
Ja ek voel die vuur, maar dis nou verby, so, wat maak jy nog hier? Dis ‘n joke, dis ‘n joke” – sing die koor.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter