Elizma Theron het haar loopbaan as professionele sangeres afgeskop in 2005 en in 2007 ‘n platekontrak met Select Musiek gesluit. Sy het reeds 7 suksesvolle albums uitgereik en twee SAMA Toekennings agter haar naam. Nie net het sy ‘n liefde vir haar musiekloopbaan nie, maar sy is ook reeds bekend as aktrise en die afgelope paar jare die rol vervul as Ma van twee. Elizma is ook ‘n bekende gesig op die jaarlikse Krone-konserte.