ELOFF & EARLY B VOORSPEL BIKINIWEER HIERDIE DESEMBER!

Die weervoorspelling vir dié Desember is warm met ‘n 100% kans vir ‘Bikiniweer‘ saam met Eloff en Early B!

Na die sukses van “Groeipyne” met Die Piesangskille en “As Ek Dalk” met Demi Lee Moore, het Eloff besluit daar is plek vir nog een collab saam met Early B, “Bikiniweer” om die Desember vakansie behoorlik af te skop op!

Bikiniweer” is nou die nuwe term vir Desember vakansie en dit hoef nie net by die see te wees nie. Dit kan by ‘n swembad, rivier, langs die dam of op ‘n lekker seiljag wees – tap water in die bad as dit moet!

Die song is net ‘n lekker feel good vibe vir my. Die song sê vir die mense gaan uit, geniet jouself, trek jou bikini aan en geniet dit net man“, vertel Early B.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter