ELOFF LEK SY LIPPE AF

Eloff verras keer op keer sy aanhangers met musiek wat jou lus maak vir ‘n lekker kuier saam vriende of om saam te sing en hy maak weer so met “Lek My Lippe Af” wat weer kolskoot in sy Lofpop musiekstyl val.
 
“Lek My Lippe Af” gaan oor verlief wees op jou beste vriend se sussie wat eintlik nie toegelaat word nie en die “Bro Code” breek. Sy is verbode vrugte”, vertel Eloff.
 
Hierdie lip-lekker liedjie is geskryf deur Eloff self, Hugo Ludik en Nick Jordaan (Muse Studios) en ook in dié studio vervaardig wat gesorg het vir sy groot treffers “Johnnie Blou”, “Geheueverlies” en “Vlerke”.
 
Maak gereed om oor te skakel van Winter na Lente met “Lek My Lippe Af”!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter