WITBLITS LAAT DIE SINKPLAATSKURE BEWE!

Eloff se nuwe enkelsnit Witblits is nou beskikbaar! Sy debuut enkelsnit Johnnie Blou het reeds Goue status bereik. Sy tweede enkelsnit Geheueverlies beoog om binnekort dieselfde mylpaal te haal.

Die onmoontlike is uiteindelik bereik. Op een of ander manier het Eloff daarin geslaag om die ontasbare gees van Afrikanerdom vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distilleer. Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Eloff weef ‘n tradisionele tong-in-die-kies-verhaal. Dit is die storie van ‘n windgat stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlik onoortreflike struikelblokke “Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy aanvaarding op die laaste plek wat hy gedink het om te soek. ‘n Lekker plaaspartytjie! En wanneer die oliedrom-vure aangesteek word en die son agter die doringbome sak, draai hierdie plaaspartytjie op tot elf met baie Witblits om te deel.

Eloff_Media

WITBLITS

ELOFF

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter