Eloff is die naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch–student wat blitsvinning bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit Johnnie Blou en opvolg snitte Geheuverlies en Witblits. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distilleer. Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die-kies lirieke en ontploffende energie word nou geniet by elke goeie partytjie.