KURT DEEL SY FOTOHERINNERINGE

Hoeveel keer het jy al deur jou foon se foto-album gescroll waar dit ‘n glimlag op jou gesig sit? Of selfs beter, as sosiale media jou herinner aan daai snaakse foto wat jy op hierdie dag ‘n paar jaar terug gepost het? Soos die gesegde lui: ‘n Foto is ‘n duisend woorde werd, maar is dit nie ook tog ‘n duisend herinneringe werd nie?

‘Fotoherinneringe’ – Kurt Darren se nuutste vrystelling is in tipiese Kurt-styl hier om nostalgie op te wek terwyl jy op die dansvloer besig is om nog herinneringe te skep. Dit is ook Desember en sekerlik die tyd van die jaar wanneer die meeste fotoherinneringe geskep word regoor die wêreld. So maak seker jy mis nie een oomblik nie.

Mens kan nie die lewe bottel nie, so neem baie fotos en vang elke spesiale oomblik vas terwyl jy jou eie fotoherinneringe skep saam met Kurt.

FotoherinneringeMedia

FOTOHERINNERINGE

KURT DARREN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter