HAND AAN HAND - 'N WARE VERHAAL

Weereens stel Elandré se bariton stem nie teleur nie. Meteens omhels “Hand Aan Hand” die luisteraar met ’n glad en meevoerende, nostalgiese kitaarlyn. Dit voel soos ‘n huldeblyk aan die klassieke Afrikaanse treffers vanuit die verlede.

In die vroeë sestigs het my Oupa, Ockert, my Ouma, Marie, ontmoet by die Thornhill Hotel se danssaal, net so buite Port Elizabeth – waar hy self elke nou en dan ’n nommer gesing het vanaf die verhoog in die hoek. Toe hy haar alleen sien sit, waag hy sy kans, en vra haar vir ’n dans. Sy was pas geskei en steeds bietjie teer, maar het ingestem weens sy selfvertroue. Toe hulle die derde keer om die pilaar in die middel van die saal dans, sê hy vir haar: “Met jou gaan ek trou!” Haar antwoord was eenvoudig: “Ag, jy’s mal”. Sewentien dae later was hulle getroud”, vertel Elandré.

“Hand Aan Hand” val ongetwyfeld in die Afrikaanse Pop-genre, nimlik geklee in ’n romerige Negentigs ikoniese-rock ritme. Dit is stylvol afgerond. Kragtig, en vol selfvertroue.

Hulle het saam kinders en kleinkinders groot gemaak, ’n lewe gebou, en af en toe saam klippe gekou. Hulle het altyd saam gedans, en by troues was hulle ‘daardie paartjie’. My Ouma het my geleer langarm om die kombuistafel op die maat van Saterdag-radio programme tot en met haar afsterwe in 2002. Sy was die eerste een wat dit oor my uitgespreek het: “Hy gaan op groot verhoë wees”sê Elandre, “veral wanneer sy my gesien sing het in die weerkaatsing van die karvenster.

My Oupa het ons onlangs verlaat, en tydens ons gesprekke daarna het my Ma vir my gesê: “Ek troos my daaraan dat ek weet hulle dans nou weer saam”, las Elandré by.

’n Paar dae later was my Ma oppad Jeffreysbaai toe, toe sy by die Thornhill Hotel stop, en vir my foto’s stuur van haar voor daardie einste pilaar. Ek was in die skryfproses van Hand aan Hand ; ’n lied wat praat oor standvastigheid, vertroue, verlange, en soete hereniging.”, vertel hy verder.

Dit was vir my belangrik om die musiekvideo vir my eie langarm lied daar te verfilm.” sê hy. “En om ook so, die ware verhaal van hierdie twee merkwaardige mense te vertel.

Met Hand aan Hand slaag Elandré daarin om die luisteraar mee te voer na ’n goue era-romanse; vier minute in die wolke.

E_Packshot

HAND AAN HAND

ELANDRÉ

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter