SO HOE LYK JOU TIPE DANS?

Na die groot opskudding wat Irene-Louise van Wyk gemaak het met haar weghol treffer “Voete Jeuk”, is dit tyd om daai voete nou te laat dans met “Daai Tipe Dans” wat nou beskikbaar is.
 
Almal het tog ‘n tipe dans wat hulle altyd uithaal en wys by ‘n kuierplek, troue of sommer enige plek wanneer die oomblik reg is. Nou wonder Irene-Louise net ook hoe lyk jou tipe dans?
 
Hierdie liedjie is geskryf deur Emil Paul en natuurlik in Irene-Louise van Wyk-styl. Lekker treffende ritme, klank en lirieke wat jou sonder twyfel na die dansvloer gaan vat.
 
Hierdie liedjie is behoorlik aanmekaar gesit deur vervaardigers Dirk van Niekerk en Tjaart van der Walt. So, jy kan maar gereed maak vir ‘n lekker ontploffende track.
 
Wys ons jou tipe dans en kyk ook die lekker musiekvideo wat nou beskikbaar is. 

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter