RUDO SCHWIM BRING ‘N CLARENS WINTER!

Wees saam met ons opgewonde om dié amazing kunstenaar te verwelkom in die musiekbedryf. Rudo Schwim, van Clarens, se lewe het in ‘n oogwink verander toe hy op 25 April 2025 aangekondig was as die OFM Trok Talent-kompetisie wenner en as kunstenaar by Select Musiek.
 
Enkele dae na die aankondiging as wenner het Rudo die geleentheid gekry om saam met van die land se bestes te werk aan sy eerste enkelsnit “Clarens Winter”, wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
 
Die afgelope tyd het my hele lewe begin verander as die wenner van die OFM Trok Talent Kompetisie en toe ek deel van die Select-familie gevorm het. Hierdie liedjie beskryf my lewe en hoe ek liefde gevind het by iemand van die stad af en haar oortuig het om weg te breek van die stad se geraas na Clarens”, vertel Rudo.
 
Hierdie liedjie, perfek vir die koue winter, is geskryf deur Emil Paul en Rudo self.
 
Murray Lubbe wat 100de treffers vervaardig het, het hierdie liedjie vervaardig en Rudo se klank een honderd persent vasgevang. Rudo deel dat hy nog een raak met die liedjie en hoe besonders dit inpas by sy lewensverhaal – veral met hoe vinnig alles onlangs gebeur het.
 
Die bekroonde musievideo vervaardiger Gerduan Kemp, het die liedjie perfek vasgevang op skerm met ‘n musiekvideo wat ook saam met die enkelsnit vrygestel word.
 
Maak gereed om nog baie van Rudo Schwim te hoor, want sy musiek gaan beslis nie stop by ‘n Clarens Winter nie.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter