IRENE-LOUISE VAN WYK LAAT JOU REGUIT DANS!

Irene-Louise van Wyk gaan jou weer op die dansvloer laat boer. Haar nuutste enkelsnit “Reguit Dans” wat nou beskikbaar is dans lekker en dis nogal romanties.
 
Reguit Dans is ‘n liefdesliedjie wat perfek pas op my musiekstyl. Dit maak nie saak watter draaie die lewe in jou rigting gooi nie, dit sal jou altyd reguit laat dans tot in die arms van die persoon vir wie jy lief is.” vertel Irene-Louise.
 
“Reguit Dans” is geskryf Emil Paul en vervaardig deur Dirk van Niekerk van Noted Music wat ook “Tekkies Brand” en “Stout Vir…” vervaardig het. So jy kan Irene-Louise se “Tekkies-sound” verwag, maar hierdie keer vol hartjie-tattoos.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter