JAN JAN JAN VAT HANDE EN BRING HULDE AAN CHRISTA STEYN!

Kort op die hakke van “Braaf soos ‘n Boerboel”, wat vroeër die jaar in samewerking met Helpende Hand uitgereik is, bied JAN JAN JAN, getroue en nuwe aanhangers ‘n nuwe verwerking van ‘n ou gunsteling “Hier’s my Hand”. 

JAN JAN JAN het weer hande gevat met Helpende Hand, deel van die Solidariteit Beweging, om hulle interpretasie van Christa Steyn, se liedjie ‘Hier’s My Hand’ ‘n nuwe baadjie te gee – in lyn met die organisasie se tema vir 2023.

Ons weergawe is ‘n herinnering aan die belangrike rol wat Steyn in die Afrikaanse musiekbedryf gespeel het, en hoe haar musiek steeds ‘n impak op ons lewens kan hê – dit is daarom vir ons ‘n voorreg om in ons styl ‘n huldeblyk aan Christa Steyn te bring.” – vertel LangJan.

Die ontslape Afrikaanse kunstenaar en liedjieskrywer, Christa Steyn, het  geen bekendstelling nodig nie en is veral bekend vir liedjies soos “GEEL MADELIEFIES” sowel as “AAN DIE EINDE VAN DIE REËNBOOG”. Komposisies uit Christa Steyn se pen is deur verskeie kunstenaars, waaronder Anneli van Rooyen, Laurika Rauch en Karin Hougaard opgeneem. Sy was ‘n hoogs gerespekteerde Afrikaanse kunstenaar en liedjieskrywer, wat ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die Afrikaanse musiekbedryf voor haar afsterwe in 2012.

Solidariteit Helpende Hand se jaar tema vir 2023, is “Hier’s my Hand” wat as geheel toepaslik is op die Afrikaanse gemeenskap, bevat ‘n baie dieper boodskap as net dit. Met die tema val die fokus op die feit dat ons meer na mekaar toe moet uitreik deur ‘n helpende hand te verleen en so ‘n daadwerklike verskil te maak. Dit is ‘n universele boodskap wat nie net op mekaar as medemens geskoei is nie, maar van ouer na kind, ryk of arm, oud of jonk – want ons almal het soms ‘n helpende hand nodig.

JAN JAN JAN het ‘n besondere manier gevind om Christa Steyn se klassieke treffer opnuut te interpreteer – deur dit te vertolk met ‘n moderne klanke en styl. Met hierdie weergawe eer die ons Steyn se nalatenskap op ‘n unieke manier, terwyl hulle eg bly aan ons unieke styl” noem MooiJan.

JAN JAN JAN is daarenteen ‘n eietydse Afrikaanse, Boere ”Boyband” wat met hul unieke klank en styl die musiekbedryf in 2019 betree het. Hulle is bekend vir hul eklektiese mengsel van genres, wat wissel van rock en pop tot en dans- en Boeremusiek. Deur hul eerbetoon aan Christa Steyn se musiek te bring, het JAN JAN JAN so na as moontlik aan haar oorspronklike weergawe gebly, terwyl hulle ook hul eie kreatiwiteit daarby gevoeg het.

Ons weergawe van “Hier’s My Hand” vang die essensie van Steyn se oorspronklike liedjie goed saam, terwyl ons ook ons eie klank daarby inkorporeer – ons vertrou dat ons gehore hiermee sal saamstem.” – KleinJan.

In ‘n hedendaagse wêreld kan ons almal resoneer met vir volgende lirieke uit “Hier’s my Hand”

“Kyk net verby jou; daar is soveel seer; Soms is daar wanhoop en niemand wat help keer nie.
Deel jou vry bestaan, jou skadu’s, deel jou seer, en steek jou hande uit, gee jouself nog meer.”

Daarmee sê, JAN JAN JAN, Solidariteit Helpende Hand en Boerboel Wear, “Neem my hand, my vriend, deel my lewe; deel die son, deel die lig waarvoor ons vra. Neem my hand, my vriend, deel met my daardie vrede wat elkeen van ons in ons dra.”

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter