DIE JANNE WEET WAAR OM TWO-TONE TE DRA

Kerk toe, na die basaar en op die tennisbaan – dit is net 3 van die plekke wat Jan Jan Jan reken jy jou “two-tone”-drag moet dra.

Na die vrystelling van hulle debuut-album verlede jaar is die Janne weer terug met ‘n splinternuwe enkelsnit “Two-Tone Lyf”. Soos ons almal weet is hierdie mode ‘n groot deel van die Afrikaanse kultuur en Jan Jan Jan vier hierdie skakerings van Khaki met hulle nuwe treffer.

In klassieke Jan Jan Jan-styl kom dit met nog ‘n volwaardige musiekvideo soos die tannies terug is om jou te help werk aan daardie lagspiere terwyl hulle nog ‘n briljante komiese vertoning na hierdie reeds-tong-in-die-kies nommer bring. Wanneer jy jou aan hierdie spesifieke klerestyl verbind, dra jy dit nie net nie, jy word een met dit soos jy werk aan jou tweekleur-“tan” van jou son-gesoende hemp-en-sokkie-lyne daarby – dit is hoe jy jou “Two-Tone Lyf” verdien.

So, op ‘n manier het ons almal op een of ander stadium in ons lewens al aan hierdie tendens deelgeneem. Vind hierdie herfs die “Two-Tone” in jou saam met Jan Jan Jan.

JJJ_Packshot

TWO-TONE LYF

JAN JAN JAN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter