JAN JAN JAN EN KLEIN KWAGGA SAAM IN DANS, KWAGGA' MUSIEKVIDEO!

Na die sosiale media sukses van Klein Kwagga, oftewel Dirkco van Nieuwenhuizen, het sy prettige danspassies selfs gesorg vir ‘n verskyning op die Kelly Clarkson Show in Amerika. Boerboel Wear se Suster Maatskappy, BW Models, tree op as die promotor van Klein Kwagga.

‘Dans, Kwagga’ is voorgelê aan Boerboel Wear deur Mercia van Nieuwenhuizen, Dirkco se ma. Die liedjie is uit die pen van sy oom, Hackey Louw. Alhoewel Louw dit geskryf het met Klein Kwagga se geboorte, het hy die woorde later aangepas toe sy unieke talente al op twee jaar na vore gekom het. Die span van Boerboel Wear was dadelik beïndruk met hierdie ougat liedjie en het besluit om dit aan Jan Jan Jan voor te lê vir oorweging. Daar en dan is besluit dat hierdie lied die groep se eerste enkelsnit vrystelling vir 2024 gaan wees.

Dit is verwerk deur Stephan Hugo Botha, Jan Jan Jan en Muse Studios, en sal op 19 April 2024, in samewerking met Select Musiek (‘n Afdeling van Sony Music Entertainment Africa), Jan Jan Jan se platemaatskappy, uitgereik word – tesame met die betrokke musiekvideo. Boerboel Wear het die produksie van die musiekvideo bestuur en dit beloof om, soos al Jan Jan Jan se videos, een vir die boeke te wees! Oud en jonk sal daarby aanklank vind.

Getroue en nuwe Jan Jan Jan aanhangers kan dus uitsien na ‘n enkelsnit, wat nie net die voete sal kielie vir ‘n rondte om die dansvloer nie, maar die interessante samekoms van verskillende musiekgenres is sommer met die intrapslag van die lied hoorbaar. “Boeremusiek klanke is integraal deel van Jan Jan Jan se musiekstyl, maar ons het ‘n paar nuwe geure ingemeng in hierdie musiekverwerking’, vertel LangJan. “Ons is opgewonde om saam met die publiek weer ‘n lekker kuier aan die gang te kry” voeg KleinJan by.

‘Dans, Kwagga’ nooi almal uit om op die die dansvloer, langs die braaivuur of sommer daar voor die spieël in jou kamer ‘n paar van jou unieke danspassies ten toon te stel. Herontdek weer ‘n bietjie kindwees binne jouself en dans, ou Kwagga. Dans!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter