DIE POTHOLES MAAK NIE SAAK NIE - JAN JAN JAN SE SKATTIE

Van komedie tot meer drukkende sake doen die Janne alles! Hierdie keer is hulle terug met ‘n bietjie van beide. In hierdie vrolik-lighartige nommer bring Jan Jan Jan ‘n boodskap van hoop en ondersteuning soos hulle sing: “Skattie jy’t gesê die potholes maak nie saak”.

Om dit eenvoudig te stel, maak nie saak wat die lewe op jou pad mag bring nie kan jy altyd staatmaak op die Janne om daar te wees vir jou. Ons het verlief geraak op die manne met hulle debuutsnit, Wys jou vleis, wat bietjie klassieke boeremusiekelemente navore gebring het.

Hulle het daai klanke weer meestervol ingemeng vir die moderne gehoor saam met vervaardiger Dirk van Niekerk wat jou daardie gevoel van gemak en tuiswees gee en sê, maak nie saak wat die probleem is nie, luister net bietjie Jan Jan Jan om jou dag weer op te kikker.

Skattie_Media

SKATTIE

JAN JAN JAN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter