Blou oë, gedurig in die gym en ‘n stem wat skrik vir niks. Jan-Mattys gaan ‘n hele paar meisies se knieë lam maak. Veral wanneer sy nuwe enkelsnit “Fluit Fluit” vrygestel word op 19 Julie 2024. Jy ken hom dalk van “Die Kontrak” seisoen 3 maar nou gaan jy Jan-Matthys hoor soos nog nooit te vore nie. Jan-Mattys het “Fluit Fluit” geskryf saam met Emil Paul (Hartbreek – Demi Lee Moore) en Duncan Laubscher. Hy sluit aan by Select Musiek (‘n afdeling van Sony Music Entertainment) en het saam met Hugo Ludik (Muse Studios) die liedjie na lewe gebring. Jan-Mattys, ook voorheen deel was van die groep “Tussen Sterre”, het hy vanjaar sy solo-buiging gemaak by Innibos op die hoofverhoog gedurende die Jacaranda FM-konsert.

VRYSTELLINGS

JM_Cover
FLUIT FLUIT

SINGLE

MUSIEKVIDEOS

VIR KONSERTBESPREKINGS
VIR MEDIA NAVRAE
VOLG JAN-MATTYS

© 2024  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERTAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter-150×76