JA-MATTYS SAL JOU HUIS TOE DRA

Wanneer Jan-Mattys met sy blou oë na jou moet staar, sal jy wil hê dat hy jou ook moet “Huis Toe Dra”. Dit is die nuwe enkelsnit waarmee Jan-Mattys golwe gaan maak wat nou beskikbaar is. 
 
‘n Vars, nuwe dans treffer wat volg op sy vorige uitreikings “Stof Skop” en “Fluit Fluit” wat jou sonder twyfel laat saamsing om die braai, in die kar of laat vasdans. Nou gaan jy presies dieselfde weer doen.
 
Dié liedjie is ‘n opregte huldeblyk aan onvoorwaardelike vriendskap, wat die vreugde vier van wanneer mens met goeie vriende herenig word na ‘n lang tyd uitmekaar. Dit reflekteer oor gedeelde drome, goeie herinneringe en die diep emosionele band wat sterk bly, ongeag afstand of tyd. Alhoewel dit die huidige samesyn vereer, erken dit ook saggies die pyn van vriende wat langs die pad verlore gegaan het. Deur temas van lojaliteit, ondersteuning en herinnering beklemtoon die liedjie dat ware vriendskap “hart tot hart” praat en die toets van die tyd deurstaan – selfs oor dekades of in tye van hartseer.
 
Huis Toe Dra” is geskryf deur Jan-Mattys en Emil Paul. Die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe het hierdie liedjie vervaardig met mening.
 
Maar, daar is ook ‘n lekker verrassing waarop jy 100% gaan saamsing en hier is ‘n leidraad: “Sal vriende ooit mekaar vergeet, al moet ons nou weer skei”.
 
Luister nou “Huis Toe Dra” op enige digitale platform en kyk ook na die musiekvideo op YouTube!

Jan-Mattys_Pack

HUIS TOE DRA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter