JO BLACK SÊ: JOU TYD IS NOU

Ek het een aand na ‘n vertoning met ‘n ou gepraat wat deur hel was. Hy het sy vrou en twee kinders verloor en kanker oorwin. Terwyl hy met my praat, het ek net gevoel om vir hom te sê jou sukses-rate om deur jou donkerste dae te kom is nou 100%. Niks kan in jou pad staan nie. Jou tyd is nou!” – vertel Jo Black oor sy nuwe enkelsnit wat nou beskikbaar is.
 
Hierdie oomblik het soos menigte van Jo Black se vorige treffers hom geïnspireer om sy liedjieskryf-pen op tel en “Jou Tyd Is Nou” te skryf saam met sy vriend Richann Brüssow.
 
Murray Lubbe het die lied vervaardig en daarvan sê Jo: “As ek die liedjie luister gee dit my guts om enige iets aan te pak en kanse te vat. Die geheim is, ons kom nie lewendig hier uit nie. So val, staan op, val en staan op. Dit is wat die lewe is en ek wil hê die mense moet dieselfde gevoel kry wanneer hulle dié liedjie luister. Jou tyd is nou, vat die kanse en pak enige iets aan”.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter