Sy’s ons hart
Sy’s Afrikaans
Sy’s die been en murg in die graat van my rug
Sy’s Afrikaans
Op 8 Mei vanjaar vier Afrikaans ’n spesiale mylpaal – ’n eeufees as amptelike taal in Suid-Afrika. Die taal is veel, veel ouer; daarvoor het die skeepvaarders gesorg. In 1652, met Jan van Riebeeck se aankoms, was Khoi-Afrikaans reeds ’n manier van kommunikasie aan die suidpunt van Afrika. Afrikaans, eens bekend as ’n kombuistaal, het al meer vir sy plek in die son baklei. Dit het gaande weg vastrap plek gekry en op 8 Mei 1925 het dit een van sy groot mylpale bereik het: om naas Engels as een van Suid-Afrika se amptelike tale erken te word.
Sedertien het die taal gegroei en geblom. Dit het ’n praat- en skryftaal geword, ’n akademiese taal en ’n taal waarin van die grootste Suid-Afrikaanse literêre werke geskryf is. Dis ’n taal met vele wonings en ná 1994 is dit steeds een van die land se elf amptelike tale en die taal van deur die derde meeste mense in Suid-Afrika gepraat word.
Om hierdie mylpaal in Afrikaans te vier, het Jo Black, in samewerking met Francis Grobler, ’n liedjie geskryf wat pas vrygestel is. “Haar naam is Afrikaans” is deur Murray Lubbe vervaardig en het ’n tempo wat jou voete laat juk.
“Die liedjie vertel ’n deel van die geskiedenis van Afrikaans en daar is nie ’n meer gepaste tyd as nou om dit vry te stel nie,” sê Jo. “Francis het die gedig geskryf en ek het dit getoonset. Ons het nadat die woorde geskryf is, getoets met verskillende musiekstyle en tempo’s en besluit die liedjie vra om gerock te word.”
Daar is deur die liedjie verskeie verwysings na dinge eg aan Afrikaans; van Ingrid Jonker se “Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son”, Eugène Marais se “Winternag”, tot “Sarie Marais” en “Kook en geniet“.
“Haar naam is Afrikaans” is nou op alle digitale platforms beskikbaar. “Mag dit ’n liedjie wees wat in mense wat dit luister se koppe gaan vassteek en mag dit wys hoe ver Afrikaans gekom het,” sê Jo.
’n Honderd jaar gelede
Orwinningskreet
Sy’t haar mond uit die kake van die kettings gebreek
Sy’s vasgevers in winternag
Vry uit die mag van ’n vreemde vlag
Sy’s bitterbessie dagbreek en sy’s bitterbessie son
Sy’s oorkant die spruit se mooi rooi blom
Sy’s die trein na Pretoria
Sy is Sarie Marais
Sy is die taal wat op my lippe lê
Vir Meer Inligting:
© 2022 SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.