JOHN JAMES SPAN KRAGTE SAAM LOUFI

John James is terug soos jy hulle nog nooit gehoor het nie en dié keer span hulle kragte saam met die baas van die plaas, Loufi! As jy lanklaas opgewonde was oor iets in die musiekbedryf, moet nie bekommer nie!

“Liewe genade” sal jou aandag vasgryp van die eerste noot tot die laaste beat! Met die unieke klanke wat jy gaan hoor as jy die rap-duo saam met die dans-rapper gooi is dit beslis iets om baie opgewonde oor te word.

“Hierdie is iets wat ons al ‘n hele rukkie terug wou aanpak saam met Loufi, maar nou het alles uiteindelik so uitgewerk dat dit kon realiseer en ons is baie opgewonde daaroor”, vertel John James.

In Liewe Genade raak John James weer ‘n paar sosiale aspekte aan met hulle unieke lirieke en klanke en nou ook met ‘n beat wat jou voete behoorlik sal laat stamp.

As jy reg is vir bietjie opwinding in Afrikaanse musiek met vars talent wat nie bang is om die grense te skuif nie is hierdie ‘n moet luister!

JohnJames_LieweGenade

LIEWE GENADE

John James ft. Loufi

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter