STAP KAALVOET SAAM MARISSA, MET HOPE LIEFDE!

Terwyl sy werk as kroegmeisie in ‘n grasdak kuierplek op ‘n plot net buite Centurion is hierdie uitklophou soos ‘n rowwe diamant wat net wag om ontgun te word. Ons stel Marissa bekend aan Afrikaanse musiek soos hierdie nuwe jaar afskop.

‘n Nuwe jaar vol hoop en moontlikhede net soos hierdie jong talent. Soos sy uit nederige omstandighede kom hoef hierdie plat-op-die-aarde meisie nie terug te staan vir enige iemend nie met ‘n stem wat jou aan die oor sal gryp en laat terugkom vir meer – net soos haar debuut enkelsnit, Kaalvoetliefde. ‘n Liedjie oor aanvarende liefde sonder pretensie en om daai iemand te vind wat jou mens is – saam met wie jy net kan wees wie jy is, kaalvoet of nie.

Met ‘n hoë energie verwerking en vars “punk rock” elemente sal hierdie snit laat jy jou skoene ook afskop soos jy dansvloer toe beweeg. So kyk uit vir hierdie skoonheid soos sy hierdie jaar kaalvoet haar pad in jou hart in sing.

Media

KAALVOETLIEFDE

MARISSA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter