OU SIEL, JONG LIGGAAM. KAREL BESTER HUNKER TERUG

Karel se baritoon is bedrieglik. As dit nie was vir die kraakvars produksie nie, sou ek jou nie blameer het as jy jouself misgis om te dink ‘Afrikaner Outlaws’ is ’n lang verlore Afrikaanse Johnny Cash b-side nie. Karel is ’n volbloed volk-punk baster met Oppikoppi erfenis en Amerikaanse spoed-country afkoms.

Met so bietjie boeremusiek ingemeng vir stamtrots. ‘Afrikaner Outlaws’ is inderdaad tydloos. Alhoewel dit klink asof Klipwerf Boere Orkes vir Kris Kristofferson begelei, bestaan dit in ’n eteriese ruim. Dis net-net tasbaar. Dit moedig jong afrikaans sprekendes aan om tradisie in rebellie te vind. Die spreker in die lied is taai. ’n Hartseer harlekyn. ’n Charismatiese kroegvlieg. Sy sweet word getap as batterysuur. Hy dra ’n luislang as ’n gordel, maar hy is nie vlak nie. “Ons skaaf en skraap die pad wat ons verdien”.

’n Bedrieglike Möbius strip van ’n frase. Dit vang die erfsonde, skuldgevoelens, ontneemde stemreg en uithouvermoë vas van ’n generasie van afrikaans sprekendes. Miskien is die beste manier vorentoe agtertoe? Een ding is verseker, hierdie lied gaan heel boontoe op die charts.

AO_KB_Media

AFRIKANER OUTLAWS

KAREL BESTER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter