SEXY SOKKIE NOMMER VAN SMEULENDE BOERBOEL MODEL

Sorgeloos en verlief. ’n Wittebrood is ’n hoogtepunt in ’n paartjie se lewe. Dit is onskuldig en naïef. Die eerste bladsy van ’n ongeskrewe roman. ’n Onwerklike periode waar almal jou gun om in ’n droom te lewe. Waar niks nog verkeerd kan gaan nie. Khail praat van daai skoenlappers in jou maag. Die optimistiese drang van jong romanse. Die lugspieëling wat liefde se blindheid oor jou visie toor. Khail West se nuwe Afrikaanse enkelsnit sement sy selfstandigheid. Die mineur in die vers terg jou hartsnare en dan bars dit los in ’n klassieke sokkie koor wat die dansvloerpoeier gaan laat wolke staan by troues.

Ek weet nie of Khail enkellopend is nie, maar ek dink hy gaan in ’n paar dames daai Honeymoon-gevoel wakker maak.

HG_Media

HONEYMOON-GEVOEL

KHAIL WEST

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter