ALT. POP ANTI-HELDIN LAAT ONS IN!

‘Chocolate Sigarette’ is ’n baanbreker oomblik. Die ‘Bad Girl’ is nog nooit werklik toegelaat om op die Afrikaanse poptoneel te verskyn nie. Tot nou toe. En Christia het nie permissie gevra nie.

Dis ’n bittersoet liedjie op menigte vlakke. Die chocolate sigaret werk as ’n sentrale metafoor vir die verlies van onskuld. Die behoorlike elektro-pop verwerking saam met Christia se kenmerkende melankoliese aanslag bou ’n masjien wat ruimtetyd buig.

Dit klink soos Laurika Rauch wat in biker leathers vir Eurythmics sing. Dis sag en hard; Mooi en hartseer; Soet en gevaarlik.

Dis ’n klein kykie in die chaos van ‘n ADHD brein”, deel Christia met ons. “Dit gaan oor hanterings-meganismes en hoe die dinge wat goed is vir jou dalk nie goed is vir my nie en anders om… ons almal wil net saam speel“.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter