Die plat-op-die-aarde paartjie Jack & June is gereed om hulle musiekloopbaan na nuwe hoogtes neem met hulle nuwe enkelsnit ‘Kom Terug Bed Toe’.
Die pragtige duo het aanhangers laat regop sit met hulle eerste enkelsnit ‘Steek Ons Liefde Aan Die Brand’ wat vroeër vanjaar uitgereik is. Met ‘Kom Terug Bed Toe’ bring hulle ‘n heel nuwe unieke kant uit van hulle liefde vir mekaar en wat hulle kan bied as duo. Die liedjie draai rondom die ligter kant van ‘n getroude lewe waarmee paartjies sal kan vereenselwig.
Hulle unieke stemme, moderne country klanke en eerlike lirieke ondersteun hulle unieke wysies en sal hulle ‘n gunsteling duo maak in jou huis.
Wees impulsief en klim terug in die bed saam met Jack & June. Die beste oplossing vir die koue winter.