’n Reusekonsert verdien ’n reusegehoor. So eenvoudig soos dit.

Die teleurstelling was groot toe Krone 7 in Augustus 2020 noodgedwonge uitgestel moes word as gevolg van die wêreldwye pandemie. Toe kom 2021 en dieselfde grendeltyd-regulasies sorg daarvoor dat die konsert weer uitgestel moet word. Nou, in 2022, is daar weer die besef: Die Krone-konsert gaan nog ’n jaar moet wag.

As gevolg van die huidige Covid-reëls en -regulasies mag konsertsale nie meer as 50 persent vol wees nie. Enigeen wat al ’n konsert in enige van ons land se groot binnehuise ruimtes bygewoon het, sal weet dat dit ’n groot impak op ’n konsert op die skaal van Krone sal hê. ’n Konsert soos Krone moet eenvoudig net voor ’n reusegehoor gehou word.

Ons het reeds begin werk aan die konsert wat ons glo in 2023 gehou sal word,sê Stephan van Huyssteen, bestuurder van lewendige optredes by Select Musiek.Die datums waarna ons kyk is 18, 19 & 20 Augustus 2023 in Pretoria en 26 & 27 Augustus 2023 in Kaapstad en soos gewoonlik sal die grootste name in Afrikaanse musiek deel van die konsert wees. Ek verstout my om te sê dat hierdie, as’t ware Krone se terugkeer ná ’n drie jaar pouse, gaan groter as ooit wees.

Alle kaartjiehouers wat kaartjies vir die konsert in 2020 gekoop het, se kaartjies kan na die konsert in 2023 oorgedra word. Kaartjiehouers sal deur iTickets gekontak word met inligting oor die nuwe datums en die opsie gegee word om dit oor te dra of om terugbetaal te word.

Krone is werklik ’n juweel in Afrikaanse musiek se kroon en 2023 gaan beslis weer bewys hoekom dit so is.

Ons wil ons getroue ondersteuners bedank vir die ondersteuning die afgelope paar jaar,sê Ernst Kleinhans van Select Musiek, organiseerders van die Krone-konserte. “Ons sien uit om weer langs daardie groot verhoog saam met die getroue Krone-gehore te staan. Kan nie wag nie!

Moewiese liefde
Die Krone-Produksiespan

Jy kan vashou aan jou kaartjie en oordra na Krone 2023 of jou kaartjie kanselleer en die terugbetaling daarvoor aanvra.

Vir Meer Inligting:
[email protected] | 086 100 0291

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter