IS JY 'N SOKKIE VERSLAAFDE?

Kurt Darren is sonder twyfel die Sokkie-Kaptein en daar is nog geen einde in sig nie. Net so ook met sy nuutste single, “Sokkie Tot Die Einde” – ‘n Song vir die vasbyters, vir elke Suid-Afrikaner wat die kuierplek toemaak en heel aand lank wil sokkie. Die dubbelsinnigheid in die lirieke verwys ook na liefde wat hou tot die einde, maak nie saak wat om julle gebeur nie. – “Ek en jy het hier ‘n ding begin” en ons sal dit deursien tot die einde!

Kurt span weer kragte saam met getroue treffer-vervaardiger, Dirk van Niekerk om ‘n klank te skep wat jou voete laat jeuk van die eerste noot wat gesing word tot die laaste beat wat drop.

Kurt het ook besluit om dinge hierdie keer ‘n bietjie anders te benader met ‘n “kortfilm” saam met vriende en influencers, om nie net aanhangers se litte los te maak nie, maar ook die lagspiere bietjie te laat werk.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter