DAAR (WAS) IS 'N EILAND, MEISIESFONTEIN!

Daar is ‘n plek waar jy die mooiste meisies in die land sal vind – ‘n plek van Sjampanje, partytjie en dans. Kurt Darren het hierdie plek ontdek en het dit ‘Meisiesfontein’ gedoop, waar die mooiste meisies mooier word.

Mens kan redeneer dat dit is waar Kurt sy vrou ontmoet het, maar dit is vir ons om uit te vind. As daar wel een ding is waarop ons kan staat maak, is dit dat ‘n sokkie treffer nooit ver weg is nie en hierdie nommer nie teleur sal stel nie, soos dit daardie klassieke sokkie-klank terug bring met ‘n paar moderne elemente om seker te maak dit dreun op die dansvloer.

As jy net so nuuskierig is om meer uit te vind oor hierdie wonderlike plek, maak seker om dit kliphard te luister terwyl jy jou dansmaat dansvloer toe vat.

As jy ander planne het, verander dit, want almal is op pad na Meisiesfontein!

Kurt Media

MEISIESFONTEIN

KURT DARREN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter