NA 'N JAAR EN VIER MAANDE VERANDER 'N HELIKOPTER-RIT ALLES

Met sy smeulende bruin oë, unieke rasperstem en positiewe uitkyk op die lewe en sy loopbaan, is dit moeilik om die “Brannewynlippe” sangsensasie mis te kyk – vra maar vir Michaela Mallett.

Tydens die grendeltydperk het Wikus Botma lewendige vertonings vanaf sy Facebook-blad gedoen en dit is waar die liefde van sy lewe haar opwagting gemaak het. In dié moelike tyd van grendeltyd het Botma besluit om ’n familie melktert-resep te bak en verkoop vir ekstra inkomste, minwetende dat hy vir langer agter die bakke sou staan en dat dit in ’n groot sukses sou ontaard. Dis toe wat sy en Michaela se paaie gekruis het – sy het 30 bestel om hom te ondersteun en ook omdat sy van Wikus se musiek gehou het. Toe lewendige optredes weer kon plaasvind, het sy besluit om een van Botma se optredes by te woon en soos hulle sê, ‘the rest is history’.

Presies 500 dae (1 jaar en 4 maande, 2 Maart 2022) het Botma besluit om die groot vraag te vra, maar dit het baie meer beplanning geverg as die dag toe hy haar sommer op die bed gevra het om sy meisie te wees.

Ek het haar laat dink dat ons ’n vriend van my moet help om ’n promosie video te skiet vir “couples”-helikopter avontuur-pakkette. Dit is waar die video- en fotograaf inkom en sy het daarvoor geval. Ons het op ’n helikopterrit gegaan en toe ons afklim en in die ‘hanger’ in stap, het sy die hele setup gesien waar ek toe die groot vraag gevra het” – vertel Botma natuurlik stralend.

Alhoewel Botma volstoom aan die gang is met sy musiekloopbaan en Mallett met haar loopbaan as Transformasie Afrigter (Better With Balance), komplimenteer hulle mekaar se leefstyle baie goed. “Ek het baie meer begin kyk na my gesondheid en fiksheid en ek kry dit darem al reg om Michaela meer van Afrikaanse musiek te laat hou. Ons ondersteun mekaar baie goed.” – vertel hy oortuigend.

Tussen al die geskarrel met twee suksesvolle loopbane, weet hulle darem dat ’n intieme troue saam familie en vriende in Mauritius of Zanzibar die perfekte troue sal wees, maar daar is nog nie ’n datum nie.

Wat is die mooiste eienskappe van mekaar?

• Wikus: “Haar dryfkrag en ambisie. Sy is altyd besig en hardwerkend. Dit inspireer my”.
• Michaela: “Die feit dat hy altyd positief is. Selfs in negatiewe omstandighede”.

_______

Foto’s & Videografie: Gutsch Film and Photography

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter