LIZA NEL VERF DIE DORP “ROOI”!

Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook “Rooi”!
 
Liza het met haar vorige enkelsnit “My Bok” gesing oor haar man, Ricus Nel. Hierdie keer sing sy oor die kleur, Rooi, en sy beskryf liefde as “hoe lekkerder, hoe beter”, net soos rooiwyn.
 
Liefde is ‘n taal wat almal praat en wat almal mee kan vereenselwig – hetsy dit goed of sleg is. In “Rooi” word liefde vergelyk met verskillende drankies, maar die rooiwyn is die ware liefde. Want soos rooiwyn, word liefde net beter met tyd” – deel Liza oor die betekenis van die metafoor.
 
Die nuwe liedjie is geskryf deur Emil Paul en om jou tot op die dansvloer te lok het Murray Lubbe gesorg vir die produksie.
 
Gaan verf die dorp “Rooi” vanaand!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter