BARTO NOOI JOU NA SY OASE MET NUWE ALBUM

Barto! Dit is die naam op almal se lippe en sedert die vrystelling van sy debuut-enkelsnit, H2Oë smeek mense vir nog. Met 3 van sy songs(“H2Oë”, “Impulsief” en “Vlam in die Wind”) steeds in die Afriaanse Top 20 streaming charts, waarvan 2 reeds platinum status bereik het is dit geen wonder dat mense nie genoeg kan kry nie. En nou soos ‘n Oase in die middel van die woestyn, stel Barto sy eerste album vry wat pragtig gekombineer word met die 4 treffers wat reeds beskikbaar is. Vanaf die eerste selfgetitelde snit “OASE”, neem Barto ons op ‘n reis van Hoop, Inspirasie, Liefde en natuurlik om die partytjie aan die gang te kry met die fokus-snit – “Slukkie Inspirasie” net betyds vir die jaareind feestelikhede.

“Slukkie Inspirasie” sluit mooi aan by die tema van die album, om weg te breek van die doodgewone en om inspirasie te vind in iets opwindend te midde van al die geraas. Kom saam met Barto in hierdie prettige musiekvideo soos hy dagdroom in ‘n vervelige kantoor opsoek na ietsie meer. Al wat hy nodig het is ‘n slukie inspirasie wat die kantoor op horings neem en ons dan op ‘n prettige rit vat om uiteindelik op te eindig by ‘n Barto vertoning waar hy vir homself ‘n knikkie van goedkeuring gee.

Met sy eensoortige stem en unieke, tog verwante liedjie-skryf styl, kan jy seker wees dat jy verfris gaan voel nadat jy die OASE album ‘n luister gegee het.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter