Sy het deurgekom met ‘n kragtige saamsinglied vir die dames wat soek na liefde en ‘n pleit aan die ouens wat na hierdie dames omsien. “Bou aan ‘n Vrou” sê alles soos sy al die emosionele-en-musikale note soet, tog sterk uitsing om vir ons een van die jaar se grootste vroulike solo-ballades te bring. “Kyk mooi na ‘n vrou, want sy sal staan by jou deur dik en dun” is ‘n sterk tema wat deur die lied vasgesement word soos Minke haar loopbaan ordentelik afskop. Aangesien dit die maand van liefde is sal hierdie song die perfekte toevoeging tot jou gunsteling romantiese speellys wees.