LUISTER WAT DANNY SMOKE DOEN MET "CARINA"

“Ek onthou die dae toe ek ‘n kind was en onder ‘n tafel lê en slaap het terwyl my ouers op “Wil Jy Dans, Carina?” van Francois & Elizabeth gedans het. Ek het toe besluit om die liedjie ‘n nuwe baadjie aan te trek en trust my, mense gaan weer vir lank vasdans op hierdie een”, vertel Danny Smoke.
 
So kom hoor wat hy gemaak het met “Carina”, beskikbaar vanaf 23 Augustus 2024.
 
Danny en sy suster, Rochelle Rautenbach het saam geskryf aan “Carina” – ‘n dis heeltemal ‘n nuwe song, maar hulle het stukkies van die oorspronklike “Wil Jy Dans, Carina?” meesterlik in die nuwe song ingewerk. ‘n Perfekte kombinasie van “old school” en splinternuut.
 
Murray Lubbe het die liedjie vervaardig en seker gemaak jy gaan dansvloer toe draf vir ‘n lekker sokkie om die vloer.
 
Laat die nostalgie los en vat “Carina” weer vir ‘n spin om die dansvloer.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter