STEEK 'N VUURTJIE AAN EN LAAT DIT GOED GAAN! DIS WAAROP DIT NEERKOM IN MARISSA SE SPLINTERNUWE UITKLOPHOU, 'LAAT DIT GOEDGAAN'.

Maak nie saak of dit die middel van die week is nie. Dit hoef nie eers ‘n spesiale geleentheid te wees nie – Dis altyd ‘n geleë tyd om dit te laat goed gaan. Marissa kruip vir die afgelope twee jaar in ons harte in soos sy vir ons ‘Kaalvoetliefde’, ‘Bietjie dronk’, ‘As die plaas byt’ en selfs die pragtige duet saam met nommer een Afrikaanse “streaming” kunstenaar, Barto, ‘Ons Twee Genoeg’ sing. Nou is sy terug, maar hou nie terug nie soos sy opgewonde raak vir ‘n goeie tyd met country-kitare oor ‘n vet bas shuffle-beat.

Van die eerste noot word jy ingetrek met aansteeklike hooks en lirieke soos sy almal opgewonde kry vir die goeie tye en dan dit hard drop in die koor as sy sê: “Laat ons vanaand ‘n doppie skink en laat dit klink op die week!” Dit is geen geheim dat ons land deur bietjie van ‘n rowwe tydjie gaan nie, maar Marissa kies om liewer te fokus op die positiewe en wil almal saambring.

So, al die dames en die manne van die stad tot die plaas – as julle soek vir ‘n goeie tyd, wil Marissa hoor hoe julle saamsing en hoe julle raas uit volle bors soos julle sê, “Laat Dit Goed Gaan!”

MarissaCover

MARISSA

LAAT DIT GOED GAAN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter