GROOT PLAASMEISIE-ENERGIE LAAT DIE ROOIKAT UIT MET MIELIEBROOD EN KONFYT!

Dit wil voorkom of Marissa weet wat sy soek! Sy is hier om jou te herinner jy moenie die plaasmeisies vlak kyk nie met verfynde vier-op-die-vloer Sokkie-Rock, ‘n tong in die kies en ‘n glimlag. ‘Hy boer met nommers. Altyd gesuit en tie. Ek hoop net hy kan braai’. Dis ‘n Temalied-in-wording vir al die plaaslike cowgirls.

‘As die plaas byt kom die rooikat uit’. Dis cheeky en herinner eintlik nogal aan ‘n eenvoudiger tyd. Dansvloere in die vakansiepark vibes. Somer vir ewig. Liefde vir altyd. Dis vorentoe, op die man af goedvoel dansmusiek. Hulle sê die pad na ‘n man se hart is deur sy maag, maar dis klaarblyklik ‘n eenrigting deur sy ore!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter