Terwyl sy werk as kroegmeisie in ‘n grasdak kuierplek net buite Centurion, is hierdie uitklophou soos ‘n rowwe diamant wat net wag om ontgun te word. Hierdie plat-op-die-aarde meisie hoef nie terug te staan vir enige iemand nie, met ‘n stem wat jou aan die oor sal gryp en laat terugkom vir meer.