MINKE BRITS TREK HAAR VELLIES AAN!

Minke Brits het vinnig naam gemaak toe sy ‘n weergawe van Brendan Peyper se treffer-lied ‘Meisies Soos Jy’ op TikTok gelaai het, en daarna ‘n duet saam met Brendan Peyper opgeneem het van die liedjie ‘Meisies & Ouens Soos Jy’. Kort daarna stel sy haar eerste solo-enkelsnit  ‘Bou Aan ‘n Vrou’ vry wat diep in aanhangers se harte geklim het.

Nou is Minke terug dié Lente met haar nuwe enkelsnit, ‘Vellies’. Met hierdie liedjie stel Minke voor dat ‘n kêrel nie altyd noodwendig ‘n meisie hoef te vra om te dans nie, maar dat dit ook anders om gedoen kan word. Dit is ‘n lighartige, goed-voel liedjie oor wanneer twee persone mekaar vir die eerste keer ontmoet – gaan dit voortgaan na die eerste keer? Hierdie liedjie is ook vervaardig deur bekende vervaardiger, Murray Lubbe wat vir jou treffers gebring het soos ‘Toer Om Die Vloer’ en ‘Skobbejak’.

Trek aan jou vellies en maak gereed om te dans op die ritme van liefde!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter