REGUIT UIT MATRIEK TOT IN DIE MUSIEKBEDRYF

Reguit uit matriek en in die musiektoneel. Mionette is dalk jonk, maar met ‘n grimeer- en- stileerbesigheid tesame met ‘n groeiende Instagram-handelsmerk wat reeds sterk aan die gang is, is sy gereed om ‘n loopbaan in musiek aan te pak. ‘Panado Vir Die Pyn’ – haar debuut-enkelsnit, bewys dat sy nie net ‘n mooi gesig is nie maar ook ‘n talentvolle sanger en liedjieskrywer sowel as ‘n danser wat dit in haar unieke musiekvideo saam met die liedjie uitbeeld.

Dit is duidelik dat sy haarself ook vestig as ‘n opkomende mode-ikoon – sy poog om nie net musiek nie, maar ook haar styl na die bedryf te bring. Terwyl sy vir Afrikaans ‘n vars baadjie aantrek, is daar geen rede om nie verlief te raak op Mionette en haar musiek nie. ‘Panado Vir Die Pyn’ sal jou van die eerste noot af gryp soos Mionette se glad-soos-satyn stemtoon in jou oorkanale ingly terwyl dit beweeg in ritmiese baslyne en “beat” as die koor inskop.

As jy die video kyk sal jy dit moeilik vind om weg te kyk soos wat sy ‘n boeiende, stylvolle optrede lewer met choreografie uit die volgende vlak.

MionetteVrystelling

PANADO VIR DIE PYN

MIONETTE

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter