Reguit uit matriek en in die musiektoneel. Mionette is dalk jonk, maar met ‘n grimeer- en stileerbesigheid tesame met ‘n groeiende Instagram-handelsmerk wat reeds sterk aan die gang is, betree sy die musiek bedryf sonder enige skete en pyne. Sy is nie net ‘n mooi gesig nie, maar ook ‘n talentvolle sanger, liedjieskrywer, danser en ‘n opkomende mode-ikoon. Terwyl sy Afrikaans met ‘n vars baadjie stileer, is daar geen rede om nie ‘n fan te raak van Mionette en haar musiek nie.