MOOIJAN HET DIE GROOT VRAAG GEVRA

Na 2 jaar wat die liefde tussen Dylan Emslie (MooiJan van Jan Jan Jan) en Candy Benson geblom het, het Dylan besluit dit is tyd om die groot vraag te vra. Candy was op Vrydag, 14 Mei besig om haar nuwe musiekvideo te skiet in Kaapstad met ‘n uitsig oor die Moederstad naby Tafelberg. Dylan speel self in die nuwe musiekvideo maar het besluit om die ‘script’ ‘n bietjie te verander deur te begin praat en toe afgesak op sy knie.

Dit was net trane waar jy kyk toe Candy sien en besef wat ek besig is om te doen”, vertel Dylan.

Die twee het vier jaar terug ontmoet toe hy vir haar kitaar begin speel het by haar vertonings. Hulle het van toe af saam musiek begin maak en gereeld saam opgetree.

Sy ondersteun my in enige iets wat ek aanpak. Sy is beeldskoon en ek wil en kan alles met haar deel”, beskryf Dylan sy droomvrou, wat nou sy verloofde is.

Die groot dag is nog nie beplan of bespreek nie maar volgens Dylan kan dit nie gou genoeg gebeur nie.

JanJanJan_06

DIE RSA IS IN MY DNA

FOTO'S VAN DIE GELEENTHEID

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter