"DAAR'S NIEMAND WAT JOU WATCH NIE. NIEMAND WAT JOU JUDGE NIE."

Dis die gevoel van vryheid vasgevang laat aand in ’n grungy neon duikkroeg. Ons almal was al daar. Emo Pop dans-frustrasie bloei uit die luidsprekers uit as 1925 Band se aansteeklike koor bulder.

‘My Liewe Hemel’ begin met ’n onheilspellende synth-hoeklyn wat herinner aan 90’s techno-rock, ’n autotuned vokale lyn wat nie uitspattig sal wees op ’n Justin Bieber track nie en net om die epiekheid te versterk, massiewe 80’s dromme! 1925 Band meng meesterlik genres om ’n lied te vervaardig wat buite die konvensionele kontstrukte van eras funksioneer. Uitdagende dans musiek met ’n gesigsmelter van ’n brug hoofkitaar solo hoor jy nie alledaags nie.

Dis soos Bonnie Tyler met Fall Out Boy as backing band en die ou van Liquido op synths. “Los jou stront. Kom ons jol!” Moeilik om te stry met daai tipe redenasie vermoë.

1925_Pack

MY LIEWE HEMEL

1925 BAND

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter