In 2020 het Dirk van der Westhuizen sy 30’s gevier met ‘n album wat bietjie weggebreek het van sy vorige klank en boodksap, maar nou is hy terug met die styl waarop almal die eerste keer verlief geraak het.
Mens mag dalk sê dis ‘Roekeloos’, maar dit is presies hoe Dirk voel in sy nuutste enkelsnit met dieselfde titel.
Nadat hy twee remixes op een dag vrygestel het van sy vorige songs, ‘Telefoon’ en ‘Perfek Onvolmaak’ het hy sy fans weer behoorlik lus vir iets nuut en dit is presies wat Dirk bring met sy nuwe song ‘Roekeloos’.
As jy gehou het van sy vorige treffers soos ‘Sexy Vi My’ of ‘Net So (Mmm)’ gaan jy mal wees oor ‘Roekeloos’, so maak seker jy voeg hierdie een tot jou gunsteling kuier playlist.