BRENDAN GEE JOU NIE VEEL VAN 'N KEUSE NIE: DIS PARTYTJIETYD!

Na die sukses van Brendan Peyper se Insomnia EP wat 3 top-tien enkelsnitte opgelewer het, is die man wat die hoofrol in menige aanhanger se rom-com drome speel, terug met ‘n massiewe smash.
‘Nee of Ja’ is ‘n Arfikaanse Pop-enjin wat jou hard sal op-rev. Dit is meedoënloos. Dit is aansteeklik. Dit kry die mense aan die gang!

Dis gesentreer rondom ‘n wen-wen-voorstel aan ‘n moontlike liefde. ‘Nee of Ja’ se uitgangspunt is een van in-die-oomblik-bevryding van alle struikelblokke wat in die pad van liefde staan.


Soliede skryfvernuf definieër hierdie oorwurm. Probeer om dit uit jou kop uit te kry, ek dare jou!

BPCover

NEE OF JA

BRENDAN PEYPER

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter