Maak gereed om te beweeg! Nolene, van die gewilde Afrikaanse duo Reën, breek op haar eie uit met haar eerste solo-enkelsnit, Hou Bene Hou wat vanaf 15 Maart 2024 beskikbaar is. Nolene het ‘Hou Bene Hou’ saam met die formidabele liedjieskryf- en vervaardigerspan Muse Productions (Hugo Ludick & Nick Jordaan) ook verantwoordelik vir treffers: “Vlerke”, “Johnnie Blou” en “H2Oë” geskryf.