NOU LEWE SHAKIRA PEACH!

Shakira het golwe gemaak onder jong aanhangers met haar twee enkelsnitte “Disco” en “Spook”. Nou begin Shakira lewe in die musiekbedryf met haar nuwe enkelsnit “Lewe Vir Jou” wat nou beskikbaar is. 
 
Hierdie liedjie is geïnspireer deur die oorspronklike treffer “Ek Lewe” van Anneli van Rooyen. Shakira het splinternuwe verse vir die song geskryf, maar die welbekende koor van die oorspronklike liedjie gehou oor ‘n opwindende nuwe verwerking.
 
Ek wou die liedjie soveel as moontlik probeer eg maak aan myself met wat ek al ervaar het in die lewe. Ek sing in die liedjie hoe ek gemaak is om na liefde te strewe. Al wat ek van die ander persoon vra is om ook oop te maak. Almal verdien om liefde te ontvang en te deel”, vertel Shakira.
 
Maak gereed om hierdie nuut-verwerkte treffer van voor af te geniet en maak seker jy kyk die musiekvideo wat Shakira se energie en strewe na liefde na vore bring.

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter