POSITIEWE POP-DUO SE EERSTE ENKELSNIT MET NUWE LID - VERWELKOM NOLENE

Voel jy miskien nes die res van ons so bietjie meer teneergedruk as normaal? Wel, hier is ’n silwer randjie vir jou. Reën, wat bestaan uit Richann (van ‘Boer soek ’n vrou’-faam) en nuutste lid Nolene, is hier om ’n 3-minute woema inspuiting in jou ore te gee. Die nuutste enkelsnit, ‘Ek kan nie wag nie’, tref soos ’n opkikker met díe duet se aansteeklike goedmoedigheid.

Die four-to-the-floor, vuis-pomp-in-die-lug skopdrom-ritme jaag soos ’n 80’s arcade game. Dis slim borrelgom vasdans musiek. Positief! Met ’n uitroep teken. “Maak vandag beter as wat gister was”, harmoniseer die twee en mens kan nie help om beter te voel nie. As jy my nie glo nie luister dit self. Ek dare jou. Jy sal nie slegter voel nie.

PackShot_Media

EK KAN NIE WAG NIE

REËN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter