'OM ALLES ALLEEN TE DRA MAAK MENS MOEG, DAREM IS NET ONS TWEE GENOEG'

Hierdie is ‘n liedjie vir die lovers. Barto se whisky-stem getuig van ‘n man wat weet hoe ‘n gebroke hart voel en Marissa hou die luisteraar in spanning met die beheer van die krag in haar stem net om uit te bars vir oomblikke van soniese nirvana. Barto se eerste twee enkelsnitte het vinnig die no.1 posisie op die Afrikaanse charts behaal waavan die een reeds Goue Status bereik het met die tweede een kort op sy hakke.

Marissa maak ‘n naam vir haarself as ‘n stem wat mens moet dophou en saam genereer hierdie twee genoeg elektrisiteit om die land se ligte aan te hou. Gr.7 garage-partytjie vasdans, huil in die kar buite die koshuis of in-stap song op jou troudag,

‘Ons Twee Genoeg’ is ‘n veelsydige ballade in die styl van die grotes. Sê nou maar Bryan Adams het ‘n snor gehad en Afrikaans gepraat en Sheryl Crow was in Centurion gebore en hulle het saam ‘n song geskryf! Dis rou. Dis towerkuns. Dis chemie. Dis hierdie liedjie!

BPCover

ONS TWEE GENOEG

BARTO FT. MARISSA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter